|
SONETT SKOONHEIDSAKADEMIE

Sonett Skoonheidsakademie is nie net tussen twee pratige bergreekse gelee in die middle van die Vaaldriehoek, Potchefstroom, Johannesburg, Carltonville en Westonaria.
Ons is 'n private Afrikaanse Akademie en is geregistreet by: S.A.Q.A. (South African Qualifications Authority); Akademie vir Gesondheids- en Skoonheidsprofessie) en CIDESCO (Die grootste onafhanklike Internasionale Organisasie wat oor skoonheidsterapie beheer uitoefen).
Die Akademie bied u die volgende diplomas:
- Nasionale Diploma: Somatologie
- S.A.A.H.S.P.: Nasionale Diploma
- CIDESCO: Internasionale Aromaterapie Diploma
- CIDESCO: Internasionale Elekrolise Diploma
- CIDESCO: Internationale Diploma
- Refleksologie: Nasionale Diploma
- Noodhulp
- Bemarking en Verkoopstegniek
- Privaat Hoer Onderwys Diploma
- Rekenaar vaadighede
Ons bied aan die Christelike, dinamiese jong damesstudent die geleentheid om in haar moedertaal, Afrikaans, op die platteland, Professionele Wêreldstandaard Skoonheidsonderrig to ontvang.
Alle studente wat by Sonnett Skoonheidsakademie haar studies voltooi, sal op hoogte wees van die nuutste elektroniese en gerekenariseerde toerusting, na die voltooing van hul studie, weens ons oor al bogenoemde beskik.
Skoonheidsterapie is 'n baie interssante, stimulerende en betalende berope vir jong dinamiese studente indien u oor die volledige skoonheidskwalifikasies end die regte Nasionale en Internasionale diplomas wat besigheidsbestuur insluit, beskik.
Baie van ons suksesvolle studente is huidiglik werksaam reg oor die land, besit hut eie winsgewende besigheid, werk in die buiteland in skoonheidsalonne vir skoonheidshuise asook of Vakansiebote.
Sonnett Skoonheidsakademie bied hierdie interessante kursus met baie uitdagings aan. Dit is 'n drie jaar intensiewe, omvattende, voltydse kursus wat alle aspekte van die skoonheidswêreld dek. Die kursus bestaan uit toeretiese sowel as praktiese opleiding.
Die steeds groeiende Skoonheidsprofessie, het dinamiese en doelgerigte skoonheidsterapeute nodig, daarom word daar in die derde jaar gespesialiseerde vakke aanbgebied, vir die student wat wil uitstaan en haar in 'n spesifiekse rigting wil bekwaam.

Elke student word
individueel toegerus met die nuutste gemoderniseerde toerustin vir
opleiding.

Akkommodasie:
Hoogstaande luukse kamers work verskaf. Kamers beskik oor lugwaaiers, volvloermatte en groot ingeboude kaste.
Moderne badkamers, 'n groot Lapa, TV Kamer en ten volle toegeruste kombuis sowel as privaat fasilteite nl. Fiksheidsapparaat, sauna en 'n swembad vorm deel van die Akademie se wooneenhede.
Alle fasiliteite is tot die studente se beskikking.

Weksgeleenthede:
- Eie Salon
- Skoonheidsterapeut in Skoonheidsalonne
- Gesondheidsplase
- Verteenwoordigers vir Skoonheidshuise
- Kosmetiese adviseurs en verkope vir Departementele winkels end Apteke
- Grimeerkunstenaar - Televisie, Teater en Verhoog
- Verslandkingsklinieke
- Gesondheidsklinieke
- Advertensiewese - Tydskrifte, Koerande (skoonheidsrubrieke)
- Oorsese weksgeleenthede - Plesierbote
- Assistant by Dermatoloê
- Professionele Aromaterapeut
- Professionele Refleksoloog
- Elektrolise klinieke
- Privaat Hoêr Onderwys Dosent
Ons help ons studente om goeie werksgeleethede to kry na voltooing van hul studies - reel ook vir hulle onderhoude.

Toelatingsvereistes:
Grade 12 sertifikaat is verpligtend vir Nasionale en Internasionale Diplomas, Biologie en Wetenskap is 'n aanbeveling maar nie 'n vereiste nie.
Module kursusse: Graad 10
Keuring: Persoonlike onderhoud met die Prinsipaal
Indie u sou belanstel, stuur u inligting aan:
Sonnett Skoonheidsakademie
Posbus 1012
Fochville
2515
Vir 'n persoonlike onderhoud kontak Mev. Joey Spamers by:
Tel: (018) 771-2270 / Faks: (018) 771-4921
|